Donations

Districts Newsletter

“Dis nou al amper die einde van die jaar en tyd staan nie stil nie maar spoed net voort en binnekort is dit Desember en dan weer die begin van ‘n nuwe jaar.

Net ‘n kort gedagte: Jeremia 29:11 “Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here , gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee” Die wonderlike woorde van die hoofstuk is ‘n kosbare belofte , maar met net so ‘n groot voorwaarde. Die Here wil vir ons Sy beste gee maar ons moet dan ook wandel volgens Sy insette en doen wat Hy van ons vra.

Ons het nodig om die Here aan te roep en Hom te soek met ons hele hart. Net soos in die tyd van Jeremia is ons ook afvallig van die Here met miskien die uitsondering van ‘n klein groepie wat oorgebly het en die Here dien. Ons moet die Here weer soek met ons hele hart sodat Hy ons kan seen.

So dit beteken nie net ‘n eenmalige soeke na die Here nie , maar ‘n aanhoudende voordurende soeke na die Here. ‘n Wegdraai van ons eie lewe en begeertes na ‘n lewe wat gefokus is rondom Hom en Sy wil vir my lewe. Dit kan ook beteken dat in die lewe ons self onheil kan belewe maar met die belofte dat as ons Hom volg en soek met ons hele hart en lewe ons ‘n hoopvolle toekoms sal he as ons die tydelike met die ewige verwissel.

Hierdie hoopvolle toekoms is ook nie vir hierdie lewe nie maar vir ons ewige eindbestemming , maar kan wel seen bring vir die lewe ook. Dit kan vrede bring en kan ook onheil afkeur van ons in die lewe.

Gebedsversoeke:

Roy en Jerusala Daniel –Glen , Ruth en Clarissa (ons pelgrim egpaar) , Hulle gesondheid , geleenthede en ‘n salwing

Wian en Lientjie – Wiane , Stefanie , Jana , Janel en Lisa-Joy. Ons gesondheid , geleenthede en ‘n salwing

Redding van siele

Vir oop deure en geleenthede regoor die distrik

Vir Pennington kampterrein : opgraderings en vir besprekings en kampe.

Onderhoud van voertuie.

Beskerming op paaie en ook op die terrein

Terugvoering van afgelope drie maande

Die afgelope drie maande was ons baie besig met praktiese werk op Pennington. Ons het verbeteringe aangebring en sal nog in die toekoms daarmee besig bly. Ons het ook herstelwerk gedoen aan die badkamers en ander dele aan die kampterrein en ons moes ook so bietjie vloed skade herstel op plekke op die terrrein na die baie reen einde Julie. In die laaste drie maande het ons ook kontakte gaan kry by skole en sal voortaan op ‘n gereelde basis skole se kontakpersone lys opdateer. En meer geleenthede soek by en ouetehuise. Ons het ook geestelike uitreike gehad. Die geestelike uitreike het onder andere bestaan uit ‘n jeugkamp vir die kinderhuise en later ‘n vroue dag met drie geleenthede. Ons het ook besoeke in die suidkus gedoen en ‘n toer na die Noorde waar ons opvolgwerk gedoen het by die kinderhuise en ook dienste en bidure gehou het in van die dorpe.Die dorpe het ingesluit ( Bergville , Winterton , Ladysmith , Newcastle , Utrecht , Vryheid en Greytown) en ook dienste en bidure gehou het in van die dorpe.

Program vir die volgende drie maande

Die program vorentoe is soos volg: Ek sal besoekwerk doen deur die distrik soos moontlik, en veral op die Suidkus en Noordkus en midde-lande konsentreer en kyk of ons volgende jaar ‘n paar uitreike kan doen in ‘n paar dorpe en dan by ouetehuise en skole geleenthede kan waarneem.

Ons het nogal ‘n paar nuwe idees en nuwe uitreik projekte wat ons sal ondersoek in die komende maande. Bid asseblief vir ons en die wysheid wat ons nodig het om die nuwe idees in uitreike te ontskep.

Planne vir Pennington kamp-terrein

Ons is besig met verbeteringe by Pennington en u kan daarvoor bid. Ons het alreeds ‘n paar verbeteringe aangebring bv.: ‘n rolstoel vriendelike paadjie van die A-Blok na die A-Blok Ablusie geriewe.Ons is tans besig om die A-Blok te verf aan die buitekant en ons is besig om die parkeer-area te verbeter.

Veranderinge wat ons beoog:

Dakke moet vervang word. Ons het asbes-dakke op die staduim..
Herstel van geute en fasie borde
Herstel van badkamers, plafonne opsit, en vensters in die A-blok badkamers vervang en verf.
Kamers binne verf en teel.
Verf van al die geboue aan die buitekant.
Herstel-werk aan die saal en kombuis..
Wandelpaadjie rondom die kamp-terein.
Rolstoel vriendelike paadjies vanaf die A-Blok na die Kombuis en vanaf die B -Blok na die Ablusie-geriewe.


Ons het nog baie ander planne vir Pennington..so hou die ruimte dop.. As U wil ondersteun of bydra gebruik asseblief verwysing PB met U eie verwysing van Naam of Van. Byvoorbaat dankie.

Ons verhuur Pennington uit vir vakansiegangers,skoolkampe en kerkkampe. As u weet van iemand wat n plekkie soek, verwys hulle asb na ons toe...kontak nr is 039 975 1304 of email (e-pos)This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..">This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Baie dankie vir al u gebede en ondersteuning deur die jaar, ‘ń tuiste weg van die huis af, ‘ń warm bord kos, ‘ń oproep, ‘ń gebed, finansiele ondersteuning. Weet dat ons dit opreg waardeer en mag die Here Jesus u elkeen ryklik seen.

Hiermee ons Bank besonderhede . Afrika Evangeliese Bond, ABSA Bank , Rek. Nr. 405 326 5942

Groete en liefde in Jesus Christus

Wian , Lientjie & Wianê , Stefanie en Jana , Janel en Lisa-Joy Gerber &

Roy , Jerusala & Glen , Ruth en Clarissa Daniel