|
Die Afrika Evangeliese Bond(AEB) is in 1924 deur drie Ierse susters gestig, (Helena, May en Emma Garrat), Â wat uit ân sending agtergrond na Suid-Afrika gekom het weens gesondheids redes. Hulle het aanvanklik besef dat daar ân groot geestelike nood onder veral die polisie is, en ook onder die werkersklas gemeenskap in die Suid-Wes Kaap (Werkers by myne en padkampe wat oorgeslaan is deur geestelike werkers). Die groot las in hulle harte was om die Evangelie te verkondig onder almal wat sal luister na die waarheid van Godâs Woord.
Hulle het saam met ander geestelike werkers die interkerklike sending gestig met die begeerte dat die werkers (of Pelgrims soos die werkers bekend staan) die Here sal vertrou vir al hul daaglikse behoeftes as ân geloofsorganisasie. âSoek eers die koninkryk van GodâŠâ. Kort na 1924 is besluit om jongmense met ân besliste roeping tot Evangelisasiewerk op te lei by ân Bybelkollege. Die AEB Bybelkollege âGlenvarâ is in Kaapstad begin, en die huidige kampus is in Constantia geleĂ«. Studente voltooi ân 2 jaar Diploma kursus in basiese sielewenning, kinder-evangelisasie, preekkuns en die leerstellings van die Bybel, met die Bybel as handboek.
Na 85 jaar kyk ons dankbaar terug oor die manier waarop God hierdie werk gebruik het en steeds gebruik om die Evangelie te bring aan ons eie mense. Daagliks stuur Hy siele oor ons pad soos die sondaar aan die kruis, in ân hopelose toestand wat die Verlosser nodig het. Ons las lĂȘ ook by die Nikodemusâe wat ân âgedaante van Godsaligheidâ het, maar geen getuienis het van ân lewende verhouding met ons Here Jesus nie. Die behoefte van die Bruid van Christus is herlewing en geestelike groei. Regoor Suid-Afrika en NamibiĂ« het ons die voorreg om die Here te vertrou om Sy kinders te seĂ«n in ons interkerklike dienste, terwyl die boodskap van Heiligmaking verkondig word.
Die AEB-veldwek is in distrikte opgedeel waarin die Distrik-superintendent werkers uitstuur van dorp na dorp en plaas tot plaas. Dienste word gereĂ«l in samewerking met plaaslike predikante en kerke. Die werkers neem ook geleenthede by skole, aftree-oorde of ouetehuise waar, asook by jeugkampe en gesinskampe. Toehoorders word met die Woord van God bedien. Die AEB besit en bestuur ook agt(8) Christelike boekwinkels (âCMLâ in NamibiĂ« en âAEB Boekhandelâ in die RSA).
Die roeping van God is kosbaar en duidelik in ons harte. Ons dank Hom vir Sy Getrouheid en Genade, waarsonder ons nie een tree sal kan gaan. Ons sien uit om ook daar by u te arbei vir die Here Jesus Christus.
|