|
Liewe Gebedsvriende
Sonder GEBED kan die werk van God nie na wense funksioneer nie! ‘n BIDDELOSE BEDIENING is ‘n KRAGTELOSE en VRUGTELOSE bediening! So ‘n bediening KANNIE in die behoefte voldoen waartoe dit geroep is nie. GEBED is die SPIERE van die werk van God!
ELKE Sending het VOORBIDDERS en ‘n GEORGANISEERDE GEBEDSPLAN nodig — kinders van God wat werklik in die KRAG van GEBED glo en wat tyd neem om spesifiek, doeltreffend en gelowig te bid. Die werk van die AEB is geen uitsondering nie!
Hoe dank ons die Here vir ons BIDDENDE en BELANGSTELLENDE vriende wat met ons staan! Baie van u kom al jare saam met die A.E.B. — terwyl ander redelik onlangs met die werk kennis gemaak het. U SAMEWERKING en GEBEDE speel ‘n belangrike rol in die Sending — asook in ons lewens. BAIE, BAIE DANKIE!
Sedert 1924 gaan die PELGRIMS onverpoosd voort met interkerklike evangelisasie werk om in die geestelike behoeftes van Suider Afrika te help voorsien.
Soos in die verlede, het ons ‘n desperate behoefte in 2012 aan VOORBIDDERS wat ONOPHOUDELIK — GETROU EN GEDISSIPLINEERD — in die GELOOF saam met ons sal staan, terwyl ons uitreik na mense wat die Here Jesus nie as PERSOONLIKE SALIGMAKER ken nie.
Jim Reapsome het gesê: “Nothing at the health food cafeteria can grow prayer energy — BUT WHEN WE ARE SERIOUS ABOUT PRAYING FOR MISSIONS, we can overcome ‘prayer fatigue’!”
Toe Sir Walter Raleigh een keer ‘n versoek aan die koningin gerig het, het sy hom gevra: “Wanneer gaan jy ophou om gunste te vra?” Sir Walter Raleigh se antwoord was: “Koningin, wanneer u ophou om te gee!”
PAULUS vra gebed vir die werk van God in 1 Thessalonicense 5:25; Efésiërs 6:18-20 en Kolossense 4:2-4. BAIE DANKIE.
As ‘n Sending kon ons tydens die PELGRIMDIENSTE, 10-13 Desember, aan die voete van die Here Jesus sit. Vars uit die stryd van 2011 — ‘n jaar waarin ons onsself in die werk van God uitgegiet het — sommige nie sonder letsels nie — was dit nodig om ‘n vars aanraking van God te hê. Na twee insiggewende seminare oor “Die Wil van God” en “Konflikhantering”, het die Here met ons gepraat oor o.a. die behoefte om met Christus beklee te word; om soos Kaleb enduit te volhard; ware vergifnis en die gevolge van onvergewensgesindheid; lesse uit die lewe van Simson; die eienskappe van ‘n Evangelis sowel as God se ewige belofte aan sy kind: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.” (Hebreërs 13:5).
Gedurende die NASIONALE KONFERENSIE op Samekoms het die Here baie duidelik gepraat deur Ds Rudi Beukes se boodskappe oor 1 Thessalonicense en Keith Daniel se dienste saans oor ‘DIE PRAKTIESE TOEGEWYDE LEWE VAN DIE CHRISTEN’. Dit was goed om ‘n vol saal te sien. Omtrent vyftig jongmense het die jeuggeleenthede bygewoon.
Glen en Corina Buys het laat weet hoe dit met die BOKNES STRANDDIENSTE in die Oos-Kaap tussen KERSDAG en die NUWE JAAR gegaan het. Hulle kon gedurende hierdie tydperk by hierdie vakansie-oord, met agtien kinders en jongmense saambid vir verskillende behoeftes, Baie dankie vir u ondersteuning en gebede!
Baie dankie ook vir u volgehoue gebede vir DAWIE en ALTA GROVÉ en u belangstelling in Dawie se siekte en intensiewe behandeling wat hy ontvang vir kwikvergiftiging.
Na gebed en beraadslaging het die AEB Raad die besluit geneem om, weens Dawie Grové se voortslepende siekte en dus sy onvermoë om met die werk voort te kan gaan — en in almal se belang — om Mnr & Mev Grové op vroeër aftrede te sit. Die Sending koop addisionele pensioen vir Mev Grové — sodat sy nie finansieël uitverloor met haar vroeër uittrede nie Die Raad doen alles wat hulle kan om Mnr en Mev Grové in hierdie tyd by te staan. GAAN ASSEBLIEF VOORT OM VIR HULLE TE BID. Baie dankie.
VIR U VOORBIDDING:
Wes Kaap:
29 Januarie: Strand Maanddiens
5 Februarie: Parow Maanddiens
10-12 Februarie: Strand Naweek van Gebed
5-8 April: Paaskonferensie, Spr: Keith Daniel
Vrystaat:
Februarie: Mispa Heiligheidskonferensie
5-8 April: Paaskonferensie
9-12 April: Mispa Jeugkamp
Bloemfontein Manne Ontbyt – 1ste Saterdag
Bloemfontein Maanddiens – 1ste Sondag
Special Speaker, Mr Keith Daniel:
19 Jan – 1 Feb: Nieu-Seeland Preektoer
Suid-Transvaal:
3-5 Feb: Marlands Naweek van Gebed
24-26 Feb: Roodebank, Spreker: Keith Daniel
26-29 Maart: Uitreik, Laerskool Oos-Rand
5-8 April: Roodebank Paaskonferensie, Sprekers: Mnr & Mev C O Kurten
Glenvar Bybelkollege:
17 Jan — Eerste Kwartaal, 8 Nuwe Studente
Namibië:
10-17 Feb: Swakopmund Jeugweek
24-26 Feb: Windhoek Stadskonferensie
4-11 Maart: Otjiworongo Veldtog
5-8 April: Emmanuel Paaskamp, Mnr F Osborne
Noord-Kaap:
25-29 Jan: Jankempdorp & Hartswater
3-9 Feb: Magagong & Reivilo
14-24 Feb: Kuruman, Hotazel, Postmasburg
28 Feb-4 Maart: Danielskuil,
5-11 Maart: Barkleywes, Warrenton
Noord-Wes:
9-11 Maart: Vrouekamp, Mev Santa Lourens
17-25 Maart: Deelkraal uitreik met die Glenvar Studente
5-8 April: Betesda Paaskamp, M/Mev Drotskie
Natal:
8-9 Maart: AEB Raadsvergaderings
10 Maart: Pennington Dagkonferensie
Oos-Kaap:
29 Jan; 5, 26 Feb; 4 Maart: Maanddienste
16-25 Maart; Uitenhage, Despatch uitreiking met die Glenvar Studente.
5-8 April: Paaskonferensie, Mnr P Scholtz
Noord Transvaal:
5-8 April: Samekoms Paaskamp, Dr Kobus Geldenhuys en Ds Rudi Beukes
9-12 April: Jeugkamp
Met dank teenoor ons getroue Hemelse Vader erken ons die volgende NAAMLOSE DONASIES:
17/08: XYZ: R200
03/09: XYZ: R150
12/10: XYZ: R200
26/11: XYZ: R250
14/12: XYZ: R200
02/11/2011: Clanwilliam R500
02/12/2011: Hermanus R200
Keith & Dalene Waterson
Bank besonderhede:
AEB Gen/Sec Acc, ABSA Bank, PAROW, Rekening Nº: 390184034, Tak Nº: 632-005
(Ons Bank het ons in kennis gestel dat hulle in die toekoms geen tjeks of poswissels sal aanvaar wat aan die ‘AEB’ uitgemaak is nie! Alle tjeks, poswissels ensovoorts, moet aan die ‘Afrika Evangeliese Bond’ uitgemaak word. Baie dankie.) |