|
Â
Liewe Gebedsvriende,
Sangers, stoeiers, âcowboysâ (bv. the Lone Ranger) en TV kletsprogram-persoonlikhede, het elkeen een of meer misterieuse, gemaskerde persoonlikhede opgelewer. Daar het egter ân tyd gekom toe die misterieuse persoonlikhede hulle maskers voor die mens afgehaal het en hul ware identiteit daardeur verklap het. Met eerbied gesĂȘ, OP KERSDAG HET GOD SY MASKER AFGEHAAL! Jesus het gesĂȘ: âHy wat My gesien het, het die Vader gesienâ (Johannes 14:9). MatthĂ©ĂŒs 1:23, Johannes 1:18; Kolossense 1:15, 2:9 o.a. sĂȘ vir ons dieselfde â net in ander woorde! Iemand het gesĂȘ dat op Kersdag vier ons die dag toe God met die trappe van die Hemel afgekom het â MET âN BABA IN SY ARMS, EN NOU HANG DIE DEUR TOT DIE HEMEL AAN DIE SKARNIERE VAN DIE DEUR VAN DIE STAL IN BETLEHEM WAAR JESUS GEBORE WAS! Jesus, Wie as die Seun van God na hierdie wĂȘreld gekom het, IS GOD.
By sy geboorte, het Hy die menslike gedaante aangeneem om aan die Kruis vir ons sondes te sterf. Daar was geen ander uitweg nie. Charles Wesley: âMan van Smarte, wat ân Naam, Vir Gods Seun so sonder blaam: Hy verlos wie moes vergaan, HALLELUJA, WAT âN HEILAND!â Die geboorte van Jesus verdeel die geskiedenis in voor Christus en na Christus; dit skei Jode (wat nie Jesus as die Messias aanvaar nie) van Christene; dit skei Protestantisme van Rooms Katolisisme (wat Maria as ân goddelike wese beskou); dit skei Evangeliese van Liberale (wat nie glo in die Maagdelike geboorte van Jesus) teoloĂ« en dit skei die suiwer kerk van sektes (wat nie glo dat Jesus God in die vlees was nie)! SY GEBOORTE SKEI OOK DIE GEREDDES VAN DIE ONGEREDDES! Die eerste vraag in die N.T. is die vraag wat die wyse manne gevra het, âWaar is die Koning van die Jode, wat gebore is?â (MatthĂ©ĂŒs 2:2). Vrae oor die Here Jesus is die belangrikste en slimste vrae wat gevra kan word! Die Griekse woord vir wyse âmanâ(ne) is âantropasâ wat âeen wat opkykâ beteken. Hierdie wyse manne het opgekyk na die belofte (die ster) van sy eerste koms! God het d.m.v. die ster die hemelruim verander om sodoende die wyse manne na Jesus te lei, EN HY HET âN KRUIS OP GOLGOTA LAAT PLANT AS âN TEKEN VAN SY REDDENDE LIEFDE EN Herodus, die skrifgeleerdes en die inwoners van Jerusalem was opgewonde, nuuskierig en emosioneel oor Jesus, SLEGS DIE WYSE MANNE HET HOM GESOEK EN GEVIND. Die wyse manne het voor Jesus neergebuig en hulde aan Hom bewys (v11). Dr Adam Clarke wys daarop dat in die Grieks, die woorde âneergevalâŠen hulde bewysâ ân prent is van ân hond wat in onderworpenheid voor sy eienaar kruip en sy hand lek! Die wyse manne het Jesus geskenke gebring van goud, (ân geskenk vir ân Koning); wierook (ân geskenk vir ân God) en mirre (ân balsamsalf wat gepas was vir Jesus sy liggaam na sy dood). Martin Luther het gesĂȘ, dat as Christus ân duisend keer in Betlehem gebore was, MAAR NOOIT IN ONS HART GEBORE IS NIE, Jesus se geboorte en sterwe niks vir ons beteken nie. DIT IS MOONTLIK OM DIE KERSVERHAAL âN DUISEND MAAL TE HOOR EN NOG âN VREEMDELING VIR GOD SE REDDENDE GENADE EN HEIL DEUR GELOOF IN JESUS CHRISTUS TE WEES! Hierdie tyd van die jaar is daar weke dat daar feitlik slegs duisternis en nag by die Noordpool is â omdat die son glad nie gesien word nie. EN DAN SKIELIK, VIR DIE EERSTE KEER DAARDIE SEISOEN, BREEK DIE SON DEUR. As u nog nooit die Baba van Betlehem as u persoonlike Saligmaker deur die geloof gevind het en weet dat u sondes vergewe is en u die Ewige Lewe het nie, mag God se lig vir u hierdie Kerstyd deurbreek, sodat u Hom kan vind en seker wees van die Hemel.
GLENVAR DIPLOMA PLEGTIGHEID Sondag, 28 November 2010, om 15h00, Glenvar Bybelkollege, Eskollaan (uit Strawberrylaan), CONSTANTIA. Kaapstad. Spreker: Ds Richard Verreyne van âWorld Trustâ. Navrae: 021 794-5159 ALMAL WELKOM
EINDE VAN DIE JAAR DAGKONFERENSIE OOS-KAAP HEBRON KONFERENSIESENTRUM, Witteklip, 45km uit Port Elizabeth op N2 deurpad. Saterdag 20 November 2010 Tye van dienste: 11h00, Spreker: Mnr Jannie Le Roux 14h00, Spreker: Ds Rudi Beukes Navrae: (041) 365 2179 of 082 781 1688.
AEB JAARLIKSE NASIONALE KONFERENSIE AMANA KAMPGRONDE, Vermont, HARMANUS. 8-12 DESEMBER 2010 Sprekers: Mnr Pieter Scholtz en Mnr Keith Daniel ALLE KONFERENSIEGANGERS GAAN IN GERIEFLIKE KAMERS TUIS. Dienstye Woensdag 8 Desember om 19:15 Donderdag â Saterdag 9-11 Desember om 9:00;11:00; 16:00; 19:00. Sondag 12 Desember om 7:00; 9:00 en 11:00. Jeugaktiwiteite Kindersdienste Besprekings en Navrae: (021) 853 7172; Hercu Wentzel: 072 100 3491; Cobie Wentzel: 082 761 9520. Posbus 130, STRAND 7139.
STRANDDIENSTE OP BOKNES (OOS-KAAP, naby KENTON ON SEA, tussen Port Elizabeth en Oos London.) DATUMS: 20-30 DESEMBER 2010. (Hierdie is die sewende agtereenvolgende jaar wat hierdie geseĂ«nde evangeliese uitreiking geloots word. Elke jaar kom kosbare siele by die Kruis van Golgota uit, waarvoor ons ewig dankbaar is.) BID ASSEBLIEF DAT DIE HERE OOK HIERDIE JAAR VERLOREGAANDE MENSE SAL RED EN VIR ELKE PELGRIM EN WERKER SAL TOERUS OM DIE STRANDDIENSTE SO AAN TE BIED DAT DIE HERE DAARDEUR VERHEERLIK SAL WORD. (Onkostes sluit in t-hempde en hoedjies vir die span, reisonkostes vir die werkers wat van verskillende dele van die land kom, kruideniersware, verblyf ensovoorts. Sou u ân bydra wil maak, verstrek ons hul bankbesonderhede: AEB Boknes Beach, ABSA spaarrekening, Rekeningnommer: 918 8241 105, Takkode: 632 005 Navrae: Glen Buys 083 376 0677 Corina Buys 082 415 2210)
WEES MET (ons) BLY â Lukas 15,6,9. ALTA SWANEPOEL: âDie Here was voorwaar goed vir ons gewees. Met die afgelope konferensie op Betesda was ons vir sestig mense voorbereid en die Here het bo verwagting ons geseĂ«n en verras. Op die ou end was ons tagtig mense. Ds Rudi Beukes se boodskappe was kosbaar en baie van die mense het kosbare ontmoetings met God gehad. Sommige skakel nog om vir ons te sĂȘ wat die boodskappe vir hulle beteken het. Ons is die Here so dankbaar dat soveel van die ou vriende weer kom kamp het en vir die ânuweâ mense wat gekom het.â
LAURENCE PAULSEN: âSoos al die ander studentetoere hier in die Vrystaat, was hierdie uitreike en dienste saam met die Glenvar Studente sekerlik die hoogtepunt van die jaar se werksaamhede! Terwyl baie reĂ«lings vooraf getref is, het die Here wonderlik onderneem. Alhoewel sommige onderwysers gestaak het en skole dus gesluit was, het die Here ander deure oopgemaak en kon ons die Woord van die Here bedien by ander skole, koshuise, besighede, ouetehuise asook gemeenskapssentrums. Die aanddienste was goed bygewoon. Oor die tydperk het verskeie mense op die prediking gereageer. Soms het kinders in die skole en koshuise in trane die Here gesoek.â JEAN OPPERMAN: âNa die geseĂ«nde familiekamp op Mispa het ons ons gebruiklike Jeugkamp gehou. Die Here het ons geloof geĂ«er en dertig jongmense gestuur, waarvan twintig nie voorheen op ân AEB Jeugkamp was nie. Vanaf die derde dag van die kamp, het die jongmense begin om op die boodskappe te reageer en spontaan een vir een na die werkers vir geestelike hulp gegaan. Ons kon altesaam met tien van die jongmense saambid vir hul redding. Een van die seuns wat by ân vorige jeugkamp gered geword he, het duidelik getuig hoe die Here hom vrygemaak het van sondes wat voorheen in sy lewe was. Ek kon saam met hom bid en hom raad gee hoe om geestelik te groei.
ERICA GERICKE: âTydens die Vrouekamp op Samekoms was ons so bewus van die Here se teenwoordigheid. Een vrou het na die tyd geskryf dat dit vir haar gevoel het dat dit soos die âou daeâ was, waar die Here teenwoordig was by ELKE diens! Een kosbare getuienis het van ân vrou gekom wat nooit haar moeder kon vergewe nie. Sy kon die saak daar by die kamp regmaak en weer die vrede van die Here ondervind.â
NAMENS DIE AEB RAAD EN PELGRIMS, WENS ONS AL ONS VRIENDE âN GESEĂNDE CHRISTUSFEES EN NUWEJAARSWENSE VIR 2011 TOE.
Dankie vir hierdie ANONIEME DONASIES: XYZ: 04/08, R200; 06/09, R150; 25/10, R200; SEDGEFIELD: 02/09, R1000. CLANWILLIAM: 06/09, R500 083 601 1949: 04/11, R300 Mag die Here self u seën en beloon.
Keith & Dalene Waterson
AEB Gen/Sec, ABSA Parow, Rek NÂș: 390184034, Tak NÂș: 632 005
|