|
Liewe Gebedsvriende
Die eerste maand van 2011 behoort alreeds aan die verlede en die onbekende lê voor. Wat sal die jaar 2011 bring? Vir die kind van God is die vraag of die Here Jesus in 2011 “vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid” (Hebreërs 9:28).
Paulus noem die Wederkoms van die Here Jesus “ons salige hoop” (Titus 2:3).
Die AEB is opgewonde oor die moontlikhede in 2011, sou Jesus vertoef om te kom. Die groot aantal goeie werkers wat die Here die AEB gegee het, is ‘n bron tot lof en aanbidding. Dit is met heilige verwagting wat ons die nuwe Gebedsgids vir 2011 vir u insluit. Geleenthede om die evangelie uit te dra is legio. BAIE, BAIE DANKIE DAT ONS OP DIE GETROUE GEBEDE VAN DIE KINDERS VAN DIE HERE DWARS DEUR SUID AFRIKA EN NAMIBIË KAN STAATMAAK. U SAMEWERKING OP VERSKEIE GEBIEDE WORD HOOG OP PRYS GESTEL.
Ons dank die Here vir ander sendings wat direk of indirek uit die AEB ontstaan het. In feitlik alle sendings is die noodroep MEER WERKERS om dié te vervang wat aftree-ouderdom bereik het. In hierdie verband vra ons nie slegs gebed vir ons nie, maar ook vir DOROTHEA-SENDING en AFRIKA JEUG EVANGELISASIE wat onlangs hierdie behoefte uitgespreek het. Die BETEL EVANGELIESE BOND gaan nog voort met evangelisasie werk in Suid Afrika en Namibië. Ons dank die Here ook vir voormalige pelgrims en –studente wat in die land sowel as elders in die wêreld, ook nog in die diens van die Here staan — óf in gemeentes, ander sendings of op hul eie.
Hercu Wentzel skryf as volg oor die Amana Konferensie: “Ek en Cobie kan die Here nie genoeg aanbid en dank vir die uiters geseënde konferensie wat ons gehad het. Tydens die hele konferensie was die Here se teenwoordigheid bestendig in ons midde wat harte sag en ontvanklik gemaak en gehou het. Die Here het op ‘n besondere wyse sy Woord geëer wat deur sy getroue diensknegte gekom het. ‘n Besliste
hoogtepunt was ongetwyfeld ‘n jong vrou wie se siel die Here gered het. Martha Geldenhuys, wat die kinderdienste gehou het, skryf as volg: “Tydens die slot diens die Sondag het daar twaalf kinders op die uitnodiging reageer waarvan agt agtergebly het om hulle saak met die Here reg te maak. Hom al die eer! Mag Hy hul bevestig in Homself en mag hul monumente wees vir Hom!” Almal is dit eens dat 2011 se konferensie ‘n uitsonderlik geseënde konferensie was.”
VIR U VOORBIDDING:
Wes Kaap:
6 Februarie: Maanddiens — Victor Muller
11-13 Februarie: Gebedsnaweek, Strand
16-20 Februarie: Reeksdienste op Laingsburg
5 Maart: Clanwilliam dienste — M/M Drotskie
6 Maart & 3 April: Parow Maanddiens
27 Maart: Strand Maanddiens
18-20 Maart: Uitreiking Lambertsbaai Fees
21-24 April: Amana Paaskonferensie
Vrystaat:
11-13 Februarie: Mispa Heiligheidskonferensie
18-27 Maart: Uitreik, Sasoburg, Vanderbijlpark
22-24 April: Paaskonferensie, Ds Rudi Beukes
24-27 April: Mispa Jeugkamp
Bloemfontei: Mans Gebeds-Ontbyt en dienste
Special Speaker, Mr Keith Daniel:
13-15 Februarie: Benoni E G Kerk
20-27 Februarie: AEB S.Tvl Preaching Tour
Glenvar Bybelkollege:
18 Jan-9 Maart: Eerste Kwartaal,11 Studente
18-27 Maart: Uitreiking in die Vrystaat
Namibië:
4-6 Februarie: Windhoek dienste, M/M Gericke
18-20 Februarie: AXIS ACE kamp, Rock Lodge
Noord Kaap:
Bid asseblief vir Dawie Grové wat intensiewe behandeling ontvang vir kwikvergiftiging wat sy byniere, niere, lewer en senuweestelsel aangetas het. Weens sy fisiese toestand het dokters hom tot minstens Maartmaand van die werk af. BID ASSEBLIEF VIR HOM EN ALTA, SY VROU.
Noord Transvaal:
6 Februarie: Pretoria Maanddiens
9-18 Februarie: Mpumalanga,Limpopo
25-27Februarie: Heiligheidskonferensie
Baie Dankie.
GOD EERSTE
In my kamer hang die leuse,
Op ‘n plek naby die deur;
Om my altyd te herinner,
God voor alles elke keer.
Ek gaan nie een keer oor die drumpel,
Of dit skyn my te vermaan;
Net één woord met God, jou Vader,
eer jy op jou weg wil gaan.
As ek aantrek in die môre,
‘wyl ek op die woorde let,
Word ek aan my plig herinner,
en soek hulp dan in gebed.
Pligte, laste, stryd en moeite,
Alles mag my tref vandag!
Hoe kan ek hul tegemoet gaan,
Hoe, tensy ek bid om krag?
Ook by nuwe ondernemings,
Skyn dit my weer te vermaan:
Nie op eie krag te steun nie,
Eers tot God om raad te gaan.
As ek klaar is vir my wand’ling,
En min tyd het om te spaar.
Tog kan ek nie uit my kamer –
Met diie leuse voor my daar –
Tot ek neerkniel net ‘n oomblik,
En myself in stil gebed
Oorgee aan my Hemelvader
Wat op al my weë let.
In die aand ook spreuk die leuse
as ek my ter ruste spoed;
fluister dit die soet vermaning,
God eers in gebed t’ ontmoet.
Ja, ons leus’ moet wees; “God eerste”
Wens ons voorspoed te besit,
Met geluk op al ons weë,
Dan moet ons pal daaroor bid.
“Vriend, wil jy nie ook die leuse
‘n plekkie in jou kamer gee?
Dat die soete boodskap daagliks,
Tot gebed jou mag bewee?”
Laat ‘God eerste’ wees ons leuse’
Om te help ons voorberei
Vir ons pligte, sorge en vreugde’
Deur gebed by Hom te bly.
Ek kan getuig hoe dit my help,
Jou ook sal dit help gewis;
Ryke vrugte sal dit lewer,
Vrug vir ‘n Hemelerfenis.
Onbekend.
Ons innige meegevoel aan Dr en Mev Kobus Geldenhuys van Riversdal, ‘n gewaardeerde Raadslid, met die tragiese dood van hul dogter, Riëtte na ‘n motorongeluk in Desember. BID ASSEBLIEF VIR HULLE TWEE KLEINKINDERS WAT NOG ERNSTIG IN DIE HOSPITAAL IS.
Ons innige simpatie ook aan die kinders en kleinkinders met die heengaan van dierbare Oom Ben Naudé op die rype ouderdom van een-honderd-en-een jaar. Saam met oorlede Tannie Tina, het Oom Ben die Here in die AEB in Suid Afrika en ook in die destydse Belgiese Kongo gedien. Voor hulle aftrede was hulle ook voltydse by Afrika Jeug Evangelisasie betrokke.
Met dank teenoor ons getroue Hemelse Vader erken ons die volgende NAAMLOSE DONASIES:
XYZ: 06/01/2011 — R200
Sedgefield: 07/01/2011 — R500
Cradock: 20/01/2011 — R220
Keith & Dalene Waterson
Bank besonderhede:
AEB Gen/Sec
ABSA Bank, PAROW
Rekening Nº: 390184034
Tak Nº: 632-005 |