Log in
Glenvar Newsletter May/Jun 2011 PDF Print E-mail
News Letters
Written by AEB Bible College   
Liewe Vriende,
Dit is baie aangenaam om andermaal hierdie gebedsbrief aan u te stuur.
Die Here het die Uitreik-aksie in die Vaaldriehoek deur die studente en Pelgrims   baie ryklik geseën en ’n lieflike siele-oes kon ingesamel word. Dit het begin met daaglikse besoeke aan skole. Die skole het groot waardering gehad vir die getuienisse en Woordverkondiging wat deur die spanne aangebied is. Verskeie skole het tyd geskep vir die spanne om weer terug te gaan en ekstra tyd aan die skoliere te spandeer. Intensiewe persoonlike werk is ook saam gedoen en  die Evangelie kon met oud en jonk gedeel word. Dienste is ook by verskeie ouetehuise gehou. Die uitreiking het ook ’n jeugkamp op die walle van die Vaalrivier ingesluit waar die Here  geseën en gewerk het.
Die besoek aan Namibië was soos altyd ’n tyd van wonderlike ervaring en seën. Baie kilometers is in die wyduitgestrekte land afgelê terwyl daar van die suidweste tot by Gobabis gereis is. Kostelike geleenthede kon benut word en groot vreugde is ervaar toe daar saam met soekende mense gebid is wat hulle weg na die Here as Verlosser gevind het. Nuwe veld is gedek op plase waar mense vir die eerste keer met die AEB kennis gemaak het. Die Konferensie by Emmanuel oor Paasnaweek was ’n groot hoogtepunt en die Here het met verskeie mense opnuut ontmoet. Hoe dank ons nie die Here vir Sy hand van beskerming oor ons oor al die baie kilometers heen nie.  Die een Kombi het skielik olie begin gebruik en sal nagesien moet word. Ons vertrou dat dit nie ’n groot probleem sal wees nie.
Wanneer u die briefie ontvang, sal die studente met dienste op plase in die omgewing van Calitzdorp besig wees.  Dit is nou al baie jare dat ons die geleentheid het om die Pinksterdienste in die omgewing te hou. Die studente werk in spanne en party selfs alleen. Dienste word elke aand gehou en soms ook by skure en skole gedurende die dag. Hier leer die studente om elke dag boodskappe voor te berei, huisbesoek te doen en deur te bid vir die mense onder wie hulle werk. Hulle sal daar wees tot 12 Junie.
Die Akademiese program is ook baie vol met vakke in Kerkgeskiedenis, Dogmatiek, Romeine, 1 & 2 Petrus, 1 & 2 Korinthiërs, 1 & 2 Thessalonisense, 1 & 2 Timotheüs, Offerandes, 1 & 2 Konings en Praktiese Teologie. Navorsingswerk oor verskillende onderwerpe moet ook afgehandel word en dit verg baie ure se oplees en naslaanwerk.
Die jaarlikse GEBEDSKONFERENSIE vind vanaf die 20ste tot 26ste JUNIE by die Kollege plaas. Al die Raadslede, Distriksuperintendente en Departementshoofde kom dan bymekaar vir vergaderinge, tye van gebed en verslae. Dit is ’n hoogtepunt in die werksaamhede van die Bond. Die week word afgesluit met ’n diens in Parow. Bid asb. saam met ons vir ’n tyd van verkwikking en seën in die Here se teenwoordigheid.  Ons wil u dan ook van harte uitnooi na die Diplomadiens wat hier by die Bybelskool gehou sal word.
DIPLOMADIENS
SATERDAG 25 JUNIE 2011
IN DIE GARRATT GEDENKSAAL, ESKOLLAAN, CONSTANTIA
OM 15:00.
GETUIENISSE EN TOEWYDING VAN STUDENTE
SANGITEMS.
BOODSKAP:  MNR FRANS GERICKE.
Algemene Superintendent van die AEB.  Sy boodskappe is altyd vars en tot groot seën.
Heerlike verversings word na die diens bedien.
Hierdie diens is ’n spesiale GELEENTHEID WAT U NIE MOET MISLOOP NIE.
Ons is die Here innig dankbaar vir nuwe beddens en matrasse wat aan die Kollege geskenk is. Die ou beddens en matrasse was vanaf 1966 in gebruik – dus is dit ’n groot verligting om van hulle te kon vervang. Groot was ons verrassing ook toe ’n vragmotor by die Kollege inry met 100 nuwe plastiekstoele vir die saal, lesingsaal en kapel. Die oues was reeds baie gedaan en nou kan ’n mens makliker langer sit.  ONS DANK GOD VIR SY GETROUHEID IN DIE OPSIG. Mag die Here die skenkers op ’n wonderlike wyse beloon en seën.
Baie dankie vir finansiële ondersteuning. Ons erken die naamlose donasie vanaf Hermanus. Niemand kan ooit besef wat ’n groot dankbaarheid by ons opkom wanneer daar donasies inkom wat ons in staat stel om ons verpligtinge na te kom nie. Ter wille van die feit dat dit veiliger is om donasies direk in ons bankrekening te plaas, verskaf ons weer die besonderhede. Naam: Afrika Evangeliese Bond.  Bank:  Absa, Wynberg.  Rekeningnommer:  0450 143 405.  Takkode: 334209.  Faks vir ons die inbetalingstrokie sodat ons erkenning kan gee vir die ondersteuning.
Ons wil ook u voorbidding vra vir studente om na die Kollege te kom. Twee is aanvaar om Julie met hulle opleiding te begin terwyl aansoekvorms na drie ander gestuur is. Bid saam met ons vir elkeen van hierdie persone sodat hulle Sy stem en roeping sal gehoorsaam. Bid vir die bewaring van ons studente want die duiwel se aanvalle kan hewig en genadeloos wees.
Indien u hierdie nuusbrief deur middel van die internet kan ontvang, sal ons dit met groot graagte so aan u stuur.  Stuur vir ons ’n e-pos en stuur ons dit in die toekoms op daardie manier aan u.
Wees verseker dat ons u gebede waardeer en dat ons onthou om gereeld vir u te bid.  Mag die Here se beloftes en Sy Woord in elkeen se lewe waar word en ons bekragtig vir diens vir Hom. Mag ons begeerte wees om Hom in alles te behaag.
Ons diepe meegevoel met die familie van Hannes de Beer wat op die 25ste Mei in die ouderdom van 89 jaar oorlede is.  ’n Huldeblyk verskyn in die Pelgrim
Ontvang ons allerbeste groete in die Heer.
D A Myburgh
Prinsipaal
Liewe Vriende,
Dit is baie aangenaam om andermaal hierdie gebedsbrief aan u te stuur. Die Here het die Uitreik-aksie in die Vaaldriehoek deur die studente en Pelgrims   baie ryklik geseën en ’n lieflike siele-oes kon ingesamel word.
Dit het begin met daaglikse besoeke aan skole. Die skole het groot waardering gehad vir die getuienisse en Woordverkondiging wat deur die spanne aangebied is. Verskeie skole het tyd geskep vir die spanne om weer terug te gaan en ekstra tyd aan die skoliere te spandeer. Intensiewe persoonlike werk is ook saam gedoen en  die Evangelie kon met oud en jonk gedeel word. Dienste is ook by verskeie ouetehuise gehou. Die uitreiking het ook ’n jeugkamp op die walle van die Vaalrivier ingesluit waar die Here  geseën en gewerk het.