Log in
April - June 2011 PDF Print E-mail
News Letters
Written by AEB Head Office   

Liewe Gebedsvriende

Toe die beroemde agnostikus Robert Ingersoll gesterf het, het die volgende woorde in die begrafnis brief gestaan: “Daar sal geen sang tydens die begrafnisdiens wees nie” SONDER GOD, SONDER CHRISTUS en SONDER HOOP is daar niks om oor te sing nie! In Handelinge 16:25-40, lees ons van Paulus en Silas wat in die tronk gesing het.

G Campbell Morgan sê dat die Griekse woord wat Lukas hier vir “gebid” (v25) gebruik het NIE die betekenis van voorbidding het NIE. Die woord vir gebed hier dui aan die gesindheid van aanbidding en verering. Hulle het aanhoudend gesing en voortdurend lof en heerlikheid aan God in hulle gebede geoffer — in die aanhoudende teenwoordige tyd. Hulle was besig om in hul harte hul blydkap in die Here uit te spreek in onophoudende sang en gebed. Ons weet nie watter liedere hulle gesing het, maar dit was seker nie liedere van verlossing uit die tronk nie. DIT SOU EERDER LIEDERE VAN TEVREDENHEID EN AANVAARDING MET HULLE LOT WEES! Nie om uit die tronk te kom nie, maar liedere en gebede waarin hulle hulle blydskap in die Here uitspreek! Die “blydskap in die Here —dit is julle beskutting” (Nehemia 8:11). Enige iemand kan sing wanneer die tronkdeure oop is, slegs die siel van die toegewyde Christen kan in die tronk sing!

‘n Sjinese spreekwoord lui: “Voëls sing nie omdat die omstandighede gunstig is nie, MAAR OMDAT HULLE ‘N LIED HET!” Perpetua, die martelaar het die tronk waar sy opgesluit is, ‘n paleis genoem.

Madame Guyon, wat tien jaar in Franse tronke deurgebring het (1695-1705 n.C.), het die volgende gedig in die gevangnis geskryf:

‘A little bird am I, shut from the fields of air;

And in my cage I sing to Him who placed me there;

Pleased a prisoner to be, because it pleases Thee.

I have not else to do, I sing the whole day long;

Him whom I love most, doth listen to my song;

He caught and bound my wavering wing,

But still He bends to hear me sing.

My cage confines me round; abroad I cannot fly;

Although my wing is bound; my heart has liberty.

My prison walls cannot control,

the flight and freedom of the soul.

Oh, it is good to soar, these bolts and bars above,

Whose purpose I adore, whose providence I love;

And in thy Mighty will to find – joy, the freedom of

the mind. (Adapted and Abridged)

Nadat die slotlied tydens die aanddiens in ‘n Skotse kerk aangekondig is, het al die ligte in die kerk uitgegaan en was die gemeente in duisternis gedompel. Na ‘n paar oomblikke van stilte, het die koster uitgeroep: “Dominee, ons sal die lied nie kan sing nie, maar ons kan almal ‘Die Here is my Herder’ in die donker sing!”

WEES MET (ONS) BLY (Lukas 15 v 6, 9).

NAMIBIË: Taylor Ridgard: “Glen Buys het die boodskap gebring tydens die Swakopmund N.G.Kerk Jeugaand, wat deur ongeveer een honderd jong mense bygewoon is. Die Swakopmund Sekondêre Skool het (soos in die verlede), ons die geleenthied gebied om van die Dinsdag tot die Vrydag met al die klasse te kon praat. (Ons skryf ons kontakbesonderhede op die swartbord en vra die leerders om dit af te skryf sodat hulle enige tyd ons kan kontak.) Een van die tiener meisies het die naweek skielik in die hospitaal beland en sy het ons ontbied. Ons het haar besoek, ernstig met haar gepraat en gedeel en sy het, in haar hospitaalbed, die Here Jesus as Saligmaker aangeneem. Ons vertrou die Here vir besliste vrug op die tien dae in Swakopmund.”

NOORD-WES: Dorette Müller: “Ons dank en eer die Here vir die manier wat Hy met ons was die afgelope week. Terwyl ons ‘n skool besoek het, het ek en my mede-werker, Suné van Zyl, wonderlike geleenthede gehad om ons getuienisse te gee. Die kinders het ons aanvaar en tien het na afloop van ons getuienisse gereageer. Ons het hulle buite skoolure die Saterdag gaan sien. Gisteraand het nog een dogter ons gebel en gesê dat sy nou gereed is om die Here Jesus as Saligmaker aan te neem. Suné het ook die geleentheid gehad om by ‘n Graad 8 groepie haar getuienis te gee. Ons het die pouse teruggegaan — sou die kinders nog met ons wou praat. Een kind het oor redding uitgevra en ‘n ander het versoek dat ons haar moeder besoek. Ons het twee wonderlike besoeke met hierdie

moeder gehad en baie direk met haar gepraat. Die ma het ook getuig van die verandering in haar dogter se lewe vandat ons daar by die skool was. Suné van Zyl: “Ons het by ‘n man en vrou uitgekom wat op skei gestaan het. Ons kon hulle na iemand verwys wat ons seker was hulle kon help. ‘n Hoogtepunt ook was die Vrouekamp op Betésda. Die getuienisse was wonderlik, veral van een dame wat oorgeloop het van wat die Here vir haar gedoen het.”

VRYSTAAT: Jean Opperman: “In ‘n klein dorp kon ons goeie tye met die vriende van die AEB deurbring. Die skole wat ons genader het vir geleenthede was opgewonde oor ons besoek, maar die reaksie onder die kinders was oor die algemeen nie baie goed nie. By ‘n skool in ‘n ander dorp het ons die Vrydag ‘n geleentheid gehad en die Maandag teruggegaan vir opvolg werk. Dit was merkwaardig dat almal wat gekom het ernstig was, die boodskap onthou het en daarop reageer het. Ons het met ses seuns en omtrent twintig meisies gehandel. Bid asseblief dat die vrug blywend sal wees!”

NATAL: Lientjie Gerber: “Ons Dagkonferensie hier op Pennington was waarlik geseënd — die teenwoordigheid van die Here en die gemeenskap van die heiliges was wonderlik. Ons bly bemoedig deur die sagte atmosfeer wat in ons weeklikse Biduur hier op Pennington heers. Die Kinder Bybelklub was ook goed, alhoewel ons hierdie keer slegs die baie klein kinders bereik het — dié wat Jesus ontvang en geseën het (Matthéüs 19:13-15)! Die toer langs die Suidkus ter voorbereiding vir Mnr Keith Daniel se besoek (1-10 April) was goed.”

WES-KAAP: Victor Müller: Op ‘n sekere dorp wat ons besoek het, het ons saam met ons gasheer (wat ons gebruik is) die Sondag kerk toe gegaan. Daar is ons geweldig bemoedig deur ‘n gemeente lid wat openlik haar dankbaarheid teenoor die werk van die AEB uitgespreek het: “As dit nie vir julle werkers was nie, sou my ouers nooit by die Here uitgekom het nie en sou daar nie versoening met ons bure plaasgevind het nie. Ons almal het later by die Here uitgekom as gevolg van verandering wat daar in hulle lewens gekom het.” Ina Toua: “Weereens ‘n wonderwerk het plaasgevind toe ek Maandag in die staatsaanklaer kantoor in Stellenbosch ‘n man wat onder die invloed van sterk drank was, na die Here kon lei. Toe ek hom weer so oor tien minute sien, was hy nugter. ‘n Ma met wie ek ook saamgebid het, was aangekla omdat sy nalatig was wat veroorsaak het dat haar sewe maande oue kind verdrink het. Ek hou kontak met haar en dit klink asof sy goed aangaan.

BID ASSEBLIEF VIR BLYWENDE VRUG TER-WYL ONS IN CHRISTUS BLY EN OP HOM VERTROU (Johannes 15 v 14-16).

Glenvar Bybelkollege Namibiese Preektoer:

8-9 April: Aussenkehr

10-12 April: Rosh Pienaar

13-15 April: Lüderitz

16-18 April: Mariental

18-19 April: Leonardville

Jeugkampe:

26-27 April: Vaaldriehoek, Noord-Wes

29 Maart-1 April: Samekoms, Middelburg

24-27 April: Mispa, Winburg.

Natal, Preektoer met mnr Keith Daniel:

1-2 April: Kokstad

3 April: Uvongo & Durban

5 April: Amanzimtoti

6 April: Hibberdene

7 April: Durban

9 April: Pennington’s Men’s Breakfast

10 April: Dalton & Richardsbaai

15-17 April: Dundee Familie Kamp

15-17 Julie: Pennington Holiness Convention

Wes-Kaap:

6-8 April: Robertson Reeksdiente

Noord-Kaap:

Bid asseblief vir  Mnr Dawie Grové se gesondheid

Oos-Kaap:

8-29 Mei: Preektoer saam met mnr Keith Daniel

Suid-Transvaal:

29 April-2 Mei: Dogters Kamp, Oom Stapie se plek

9-12 Junie: S.Tvl Winter Kamp, mnr Keith Daniel

Paaskonferensie — 21-24 April 2011:

Samekoms, Middelburg: Mnr/Mev Drotskie

Mispa, Winburg, Vrystaat: Ds Rudi Beukes

Roodebank, S Tvl: Ds Hugo Lategan

Hebron, Oos-Kaap: Mnr Pieter Scholtz

Betesda, Noord-Wes: Mnr Keith Daniel

Emmanuel, Namibië: Dr Danie Myburgh

Amana, Hermanus: Mnr/Mev Waterson

Raadsvergadering en Gebedskonferensie:

20-21 Junie: Raadsvergaderinge

22-26 Junie: Gebedskonferensie

25&26 Junie: Publieke dienste, Glenvar & Parow

Dit is met groot dankbaarheid teenoor ons Getroue Hemelse Vader en waardering teenoor die gewers, dat ons die volgende ANONIEME DONA\SIES erken:

17/02/2011: Clanwilliam, R250:00

01/03/2011: Hermanus,   R200:00 en XYZ R300:00

Baie dankie aan u almal  vir u samewerking met die AEB in die Evangelie van Jesus Christus

 

Keith & Dalene Waterson

 

Bank besonderhede:

AEB Gen/Sec:  ABSA,  PAROW

Rekening Nº: 390184034; Tak Nº: 632-005