Log in
AEB Hoofkantoor Nuusbrief Jul/Aug/Sept 2011 PDF Print E-mail
News Letters
Written by AEB Head Office   

Liewe Gebedsvriende

In 1 en 2 Korinthiërs skryf Paulus aan ‘n probleem-gemeente. Daar was nie slegs verdeeldheid, gruwelike sonde, ontkenning van Paulus se gesag, verwarring en misbruik van die gawes van die Gees nie, dit blyk ook dat die Christene in Korinthé hul rigting geestelike verloor het — wat aanleiding gegee het tot die skryf van die ‘alombekende’ en ‘geliefde’ 1 Korinthiërs 13.

In vers 13 kry ons die geheim van die geestelike lewe: “En nou bly geloof, hoop en liefde — hierdie drie” (Sien ook Kolossense 1:4-5 — die Bybelboek met die diepste teologiese verhandeling.) Dit is slegs d.m.v GELOOF, HOOP en LIEFDE wat ons ten volle die genade, liefde, goedheid en al God se ander attribute kan begryp, toe-ëien en beleef!

GELOOF is tweeledig — ‘wat ons glo’ en ‘iets wat ons beoefen’! Die woorde ‘glo’ en ‘geloof’ kom van dieselfde grondwoord. Die ‘Apostoliese Geloofsbelydenis’ is nie soseer ‘n samestelling, as wat dit die waarhede is wat die Apostels, wat deur Jesus aangestel is, geglo het. Die Bybel in sy oorspronklike vorm, is letterlik die presiese boodskap wat God aan elke skrywer gegee het — nie slegs hoe hulle die boodskap verstaan het nie! Die Bybel is eerstens ‘n boek van lewe en tweedens ‘n boek van kennis. Dit is ‘n lewegewende boek met beloftes wat ‘deur die geloof’ toege-ëien moet word — met die wete dat God getrou is (2 Korinthiërs 1:20). Die word ‘geloof’ kom vier-en-twintig keer voor in Hebreërs 11. Wetenskaplikes eksperimenteer en doen proefnemings ‘deur die geloof’ — al weet hulle nie óf hul bewerings waar is óf nie! U gaan aanboord ‘n vliegtuig ‘deur die geloof’ — al weet u nie of u veilig u bestemming sal bereik nie! Christelike geloof is gebou op SEKERHEID. Geloof het drie bestanddele: kennis, oortuiging en vertroue en is intellektueel, goddelik, persoonlik en prakies! Die Christen glo ‘n PERSOON! Geloof en gehoorsaamheid is soos die twee lemme van ‘n skêr — die een werk nie sonder die ander nie! Jakobus 2:14-26 sê vir ons dat ware geloof tot verbetering en verandering lei! Hebreërs 12:1-3 doen ‘n beroep op ons om ons oë op die altyd-teenwoordige Christus Jesus te hou. Die gekruisigde en oorwinnende lewe is ‘n lewe, “deur die geloof in die Seun van God” (Galasiërs 2:20).

HOOP is nie wensdenkery of ‘n soort lewensontvlugting nie — maar ‘n lewende werklikheid in die lewe van ‘n kind van God. Wanneer u die geskiedenis lees, ontdek u dat Christene — dié wat ‘n ewige hoop het — die meeste vir ander in hierdie wêreld gedoen het! Iemand: “Aim at heaven and you will get earth thrown in. Aim at the earth and you will get neither!” Versadiging word nie in aardse dinge gevind nie. ‘n Nuwe stokperdtjie of werk, ‘n wêreld-reis ens. raak later afgesaag en alledaags. Drie-en-dertig keer sê die boek Prediker vir ons dat alles onder die son tevergeefs is! Die Verlore Seun het ontdek dat die ‘peule’ van die lewe versadig nie! DIE MENS LEEF TEVERGEEFS AS HY VIR DIE TYDELIKE LEEF — 1 Korinthiërs 15:19; 2 Korinthiërs 4:18. “Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want (God) is getrou” (Hebreërs 10:23). Iemand: “Live with eternities values in view — with an eternal perspective on all you suffer and do — FOR TODAY MATTERS FOREVER!”

LIEFDE is meer as net emosie. Ons moet teenoor ander doen soos ons teenoor onsself doen “jou naaste liefhê soos jouself.” Liefde is ‘n optrede, ‘n daad. Óf ons van ‘n person hou óf nie, is nie die vraag nie! Hoe meer ons liefde toon, hoe meer sal ons van mense hou! In Levìtikus 19:11-18 het God wette ingestel om Israel te help om hul naaste lief te hê. In die verhaal van die Goeie Samaritaan (Lukas 10:25-37), was die GEWONDE MAN slegs vir die wetgeleerde ‘n besprekingspunt (v25); vir die herbergier, ‘n gas wat geld inbring (v35); iemand wat die rowers kon uitbuit (v30) en vir die godsdienstiges ‘n probleem om te vermy (v30-31)! SLEGS VIR DIE SAMARITAAN WAS HY IEMAND OM LIEF TE HÊ EN TE VERSORG! Sien Hebreërs 13:1; Galasiërs 6:9-10! “Maar die GROOTSTE hiervan is die LIEFDE” (1 Korinthiërs 13:13).

WEES SAAM MET (ONS) BLY” (Lukas 15:6,9).

WES-KAAP. Victor Muller skryf: “Ons eer die Here vir die deure wat vir ons by ‘n sekere hoërskool in Kaapstad oopgegaan het. (Soms maak die Here agterdeure oop!) Ons kon Donderdag die skoolopening waarneem en die kinders het die boodskap ingedrink. Die straatwerk’ die naweek was net seën op seën! Ons kon met een person saambid vir redding en met ‘n ander wat wou terugkom na die Here! Tydens die Vakansie Bybelskool kon ek met twee seuns saambid wat werklik ernstig was. Die een seun het wel getuig dat hy die Here tydens ‘n vorige VBS aangeneem het, maar nou wonder hy of hy reg aangegaan het in sy geestelike lewe! Ek het hom uitgevra oor sy stilte tyd met die Here. Hy het spontaan en met ‘n glimlag my verseker dat hy dit geniet om die Bybel te lees! Toe vra hy of daar nie ‘huiswerk’ is nie — soos by die skool! Ek het hom die eerste van tien Bybelstudies gegee en met ‘n gemeentelid gereël om hom een-een te gee sodra hy die vorige een voltooi het. Die tweede seun was nogal vir my spesiaal. Sy besorgdheid oor sy familie het my diep in my hart getref.”

OOS-KAAP. Theunis van der Westhuizen berig: “Dinge wat vir my uitstaan gedurende die preektoer met Mnr Daniel was die oopdeure wat ons in ‘n sekere groot stad gekry het. Mense is so opgewonde oor die dienste, dat hulle wil hê ons ‘n naweekkonferensie daar vir hulle moet hou. Na ‘n diens in ‘n gemeente, het al die lede van ‘n familie agtergebly en die Here vir redding vertrou. In die doodsnikke van die toer het ‘n man van tagtig jaar die Here vertrou om sy kosbare siel te red! Op ‘n sekere dorp het ‘n agt-en-tagtig jarige man ook die Here as Verlosser en Saligmaker aangeneem. Verlede jaar, toe ons op ‘n ander dorp ‘n skool-geleentheid waargeneem, het twee susters die Here vertrou vir redding. Tydens vanjaar se geleentheid het een van die suster ons meegedeel dat sy, na ons vertrek verlede jaar, nie seker was van haar Saligheid nie en dat sy Paasnaweek hierdie jaar, opnuut  die Here vertrou het en kon sy nie ophou getuig nie!”

NOORD-TRANSVAAL. Ryno Rademeyer en Ian Waterson: “Tydens deur-tot-deur huisbesoek het ons met ‘n Indiër-gesin gepraat. Die man nooi ons in en sê dat hy ook die Christelike geloof aanhang. Ons het egter ontdek dat hy geen getuienis van redding het nie. Hy wou graag die dienste bywoon, maar kan Afrikaans nie volg nie. Hy nooit ons om die volgende aand by hulle te kom eet en ‘n diens vir hulle en ‘n ander Indiër-gesin te hou. Ons kon die Evangelie eenvoudig en opreg met hulle deel en vertrou die Here vir vrug op sy Woord. Ons het twee dames besoek en ervaar hoe die Here gewerk het. Nadat ons ‘n hele ruk oor sekerheid van Saligheid op grond van Jesus se Soendood aan die kruis, gepraat het, het die ma gesê dat sy nog nooit die Here gevra om met sonde in haar lewe te handel nie. Ons kon die Weg tot Saligheid duidelik maak, en daar op haar bed, het sy die Here vertrou om haar siel te red. Ons kon ook vir haar dogter bid wat erken het dat sy van die Here afgedwaal het! Die hoogtepunt van die reeksdienste was die Jeugaand. Vyftien jongmense het dit bygewoon. Ons kon die Evangelie met hulle deel en die Here het gewerk. Met die uitnodiging het vier jongmense gereageer en ons kon met drie van hulle saambid — twee vir redding en een vir oorwinning in sy lewe.

Ons eer die Here vir die genade en wysheid wat Hy ons gegee het om met elke siel te handel.”

TERWYL ONS IS CHRISTUS BLY EN OP HOM VERTROU (Johannes 15:14-16) BID ASB. VIR:

NOORD-KAAP:

Dawie Grové se gesondheid

SUID-TRANSVAAL:

2-4 September: Bybelstudiekamp, Roodebank

19-23 September: Laerskool Oosrand geleentheid

6-9 Oktober: Kinderkamp, Oom Stapiesterrein

NOORD-WES:

1-27 Augustus: Besoek- en Preektoer

28 Sept-2 Okt: Jeugkamp, Lichtenburg

VRYSTAAT:

22 Aug- 2 Sept: Dienste met Glenvar Studente

3-6 Oktober: Mispa Jeugkamp, Ds P van Heerden

WES-KAAP:

13 Augustus: Worcester Dagkonferensie

22-27 Augustus: Reeksdienste, Wellington

16-18 September: Clanwilliamkonferensie

NOORD-TRANSVAAL:

19-21 Augustus: Jeugnaweek, Pretoria

24-31 Augustus: Reeksdienste, Duiwelskloof

4-11 Sept: Phalaborwa met Glenvar Studente

3-6 Oktober: Samekoms Jeugkamp

NATAL:

14-16 Sept: Dundee Familiekamp, Ds Johan Botha

28-30 Oktober: Vrouekamp, Erica Gericke

FAMILIE KONFERENSIE — 30 Sept-2 Oktober:

Samekoms, Middelburg: Mnr Pieter Scholtz

Mispa, Winburg: Ds Paul van Heerden

Hebron, Oos-Kaap: Mnr & Mev Drotskie

Betesda, Noord-Wes: Johan de Bruin (23-25 Sept)

Emmanuel, Namibië: Johan de Bruin (2-4 Sept)

Amana, Hermanus: Dr & Mev (Dr) Myburgh

RAADSVERGADERINGS, Betesda, Noord-Wes:

8-9 September: Vergaderings

10 September: Dagkonferensie

KONFERENSIE SPREKER, Keith Daniel:

15 September- 26 November: VSA Preektoer

MET DANK ERKEN ONS DIE ONTVANGS VAN:

26/03: DESPATCH, R300

11/04; 3/06, SEDGEFIELD R500

26/04: XYZ R200

06/05; 08/07; 01/08: SEDGEFIELD R1,000

11/05: MODIMOLLE R450

 

Keith & Dalene Waterson

Bank besonderhede:

AEB Gen/Sec,

ABSA, PAROW

Rekening Nº: 390184034;

Tak Nº: 632-005