Log in
Jan - Mar 2011 PDF Print E-mail
News Letters
Written by AEB Head Office   

Liewe Gebedsvriende

Die eerste maand van 2011 behoort alreeds aan die verlede en die onbekende lê voor. Wat sal die jaar 2011 bring? Vir die kind van God is die vraag of die Here Jesus in 2011 “vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid” (Hebreërs 9:28).

Read more... [Jan - Mar 2011]
 
Oct-Nov-Dec 2010 PDF Print E-mail
News Letters
Written by AEB Head Office   

 

Liewe Gebedsvriende,

Sangers, stoeiers, ‘cowboys’ (bv. the Lone Ranger) en TV kletsprogram-persoonlikhede, het elkeen een of meer misterieuse, gemaskerde persoonlikhede opgelewer. Daar het egter ‘n tyd gekom toe die misterieuse persoonlikhede hulle maskers voor die mens afgehaal het en hul ware identiteit daardeur verklap het.  Met eerbied gesê, OP KERSDAG HET GOD SY MASKER AFGEHAAL! Jesus het gesê: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien” (Johannes 14:9). Matthéüs 1:23, Johannes 1:18; Kolossense 1:15, 2:9 o.a. sê vir ons dieselfde — net in ander woorde! Iemand het gesê dat op Kersdag vier ons die dag toe God met die trappe van die Hemel afgekom het — MET ‘N BABA IN SY ARMS, EN NOU HANG DIE DEUR TOT DIE HEMEL AAN DIE SKARNIERE VAN DIE DEUR VAN DIE STAL IN BETLEHEM WAAR JESUS GEBORE WAS! Jesus, Wie as die Seun van God na hierdie wêreld gekom het, IS GOD.

Read more... [Oct-Nov-Dec 2010]
 
August 2010 PDF Print E-mail
News Letters
Written by AEB Head Office   

Liewe Gebedsvriende

Napoleon se leuse was ‘Ubicunque felix’ “orals gelukkig”! Soos Napoleon is ons terdeë bewus van die feit dat die lewe nie altyd so is nie, maar dat die lewe ons soms stief en onregverdig behandel. Die Bybel beklemtoon dat die lewe onvoorspelbaar is en dat ons lot van tyd tot tyd verander (Spreuke14:13; Jesaja 16:10; Jakobus 4:9).

Ons gevoelens wissel tussen gelukkigheid en ongelukkigheid en dit is goed om onsself kort-kort te herinner dat die gevoelens van ongelukkigheid meesal tydelik is. Ons kan egter die gelukkige tye geniet solank as wat dit hou!

Read more... [August 2010]
 
Glenvar Newsletter May/Jun 2011 PDF Print E-mail
News Letters
Written by AEB Bible College   
Liewe Vriende,
Dit is baie aangenaam om andermaal hierdie gebedsbrief aan u te stuur.
Die Here het die Uitreik-aksie in die Vaaldriehoek deur die studente en Pelgrims   baie ryklik geseën en ’n lieflike siele-oes kon ingesamel word. Dit het begin met daaglikse besoeke aan skole. Die skole het groot waardering gehad vir die getuienisse en Woordverkondiging wat deur die spanne aangebied is. Verskeie skole het tyd geskep vir die spanne om weer terug te gaan en ekstra tyd aan die skoliere te spandeer. Intensiewe persoonlike werk is ook saam gedoen en  die Evangelie kon met oud en jonk gedeel word. Dienste is ook by verskeie ouetehuise gehou. Die uitreiking het ook ’n jeugkamp op die walle van die Vaalrivier ingesluit waar die Here  geseën en gewerk het.
Die besoek aan Namibië was soos altyd ’n tyd van wonderlike ervaring en seën. Baie kilometers is in die wyduitgestrekte land afgelê terwyl daar van die suidweste tot by Gobabis gereis is. Kostelike geleenthede kon benut word en groot vreugde is ervaar toe daar saam met soekende mense gebid is wat hulle weg na die Here as Verlosser gevind het. Nuwe veld is gedek op plase waar mense vir die eerste keer met die AEB kennis gemaak het. Die Konferensie by Emmanuel oor Paasnaweek was ’n groot hoogtepunt en die Here het met verskeie mense opnuut ontmoet. Hoe dank ons nie die Here vir Sy hand van beskerming oor ons oor al die baie kilometers heen nie.  Die een Kombi het skielik olie begin gebruik en sal nagesien moet word. Ons vertrou dat dit nie ’n groot probleem sal wees nie.
Wanneer u die briefie ontvang, sal die studente met dienste op plase in die omgewing van Calitzdorp besig wees.  Dit is nou al baie jare dat ons die geleentheid het om die Pinksterdienste in die omgewing te hou. Die studente werk in spanne en party selfs alleen. Dienste word elke aand gehou en soms ook by skure en skole gedurende die dag. Hier leer die studente om elke dag boodskappe voor te berei, huisbesoek te doen en deur te bid vir die mense onder wie hulle werk. Hulle sal daar wees tot 12 Junie.
Die Akademiese program is ook baie vol met vakke in Kerkgeskiedenis, Dogmatiek, Romeine, 1 & 2 Petrus, 1 & 2 Korinthiërs, 1 & 2 Thessalonisense, 1 & 2 Timotheüs, Offerandes, 1 & 2 Konings en Praktiese Teologie. Navorsingswerk oor verskillende onderwerpe moet ook afgehandel word en dit verg baie ure se oplees en naslaanwerk.
Die jaarlikse GEBEDSKONFERENSIE vind vanaf die 20ste tot 26ste JUNIE by die Kollege plaas. Al die Raadslede, Distriksuperintendente en Departementshoofde kom dan bymekaar vir vergaderinge, tye van gebed en verslae. Dit is ’n hoogtepunt in die werksaamhede van die Bond. Die week word afgesluit met ’n diens in Parow. Bid asb. saam met ons vir ’n tyd van verkwikking en seën in die Here se teenwoordigheid.  Ons wil u dan ook van harte uitnooi na die Diplomadiens wat hier by die Bybelskool gehou sal word.
DIPLOMADIENS
SATERDAG 25 JUNIE 2011
IN DIE GARRATT GEDENKSAAL, ESKOLLAAN, CONSTANTIA
OM 15:00.
GETUIENISSE EN TOEWYDING VAN STUDENTE
SANGITEMS.
BOODSKAP:  MNR FRANS GERICKE.
Algemene Superintendent van die AEB.  Sy boodskappe is altyd vars en tot groot seën.
Heerlike verversings word na die diens bedien.
Hierdie diens is ’n spesiale GELEENTHEID WAT U NIE MOET MISLOOP NIE.
Ons is die Here innig dankbaar vir nuwe beddens en matrasse wat aan die Kollege geskenk is. Die ou beddens en matrasse was vanaf 1966 in gebruik – dus is dit ’n groot verligting om van hulle te kon vervang. Groot was ons verrassing ook toe ’n vragmotor by die Kollege inry met 100 nuwe plastiekstoele vir die saal, lesingsaal en kapel. Die oues was reeds baie gedaan en nou kan ’n mens makliker langer sit.  ONS DANK GOD VIR SY GETROUHEID IN DIE OPSIG. Mag die Here die skenkers op ’n wonderlike wyse beloon en seën.
Baie dankie vir finansiële ondersteuning. Ons erken die naamlose donasie vanaf Hermanus. Niemand kan ooit besef wat ’n groot dankbaarheid by ons opkom wanneer daar donasies inkom wat ons in staat stel om ons verpligtinge na te kom nie. Ter wille van die feit dat dit veiliger is om donasies direk in ons bankrekening te plaas, verskaf ons weer die besonderhede. Naam: Afrika Evangeliese Bond.  Bank:  Absa, Wynberg.  Rekeningnommer:  0450 143 405.  Takkode: 334209.  Faks vir ons die inbetalingstrokie sodat ons erkenning kan gee vir die ondersteuning.
Ons wil ook u voorbidding vra vir studente om na die Kollege te kom. Twee is aanvaar om Julie met hulle opleiding te begin terwyl aansoekvorms na drie ander gestuur is. Bid saam met ons vir elkeen van hierdie persone sodat hulle Sy stem en roeping sal gehoorsaam. Bid vir die bewaring van ons studente want die duiwel se aanvalle kan hewig en genadeloos wees.
Indien u hierdie nuusbrief deur middel van die internet kan ontvang, sal ons dit met groot graagte so aan u stuur.  Stuur vir ons ’n e-pos en stuur ons dit in die toekoms op daardie manier aan u.
Wees verseker dat ons u gebede waardeer en dat ons onthou om gereeld vir u te bid.  Mag die Here se beloftes en Sy Woord in elkeen se lewe waar word en ons bekragtig vir diens vir Hom. Mag ons begeerte wees om Hom in alles te behaag.
Ons diepe meegevoel met die familie van Hannes de Beer wat op die 25ste Mei in die ouderdom van 89 jaar oorlede is.  ’n Huldeblyk verskyn in die Pelgrim
Ontvang ons allerbeste groete in die Heer.
D A Myburgh
Prinsipaal
Liewe Vriende,
Dit is baie aangenaam om andermaal hierdie gebedsbrief aan u te stuur. Die Here het die Uitreik-aksie in die Vaaldriehoek deur die studente en Pelgrims   baie ryklik geseën en ’n lieflike siele-oes kon ingesamel word.
Read more... [Glenvar Newsletter May/Jun 2011]
 
Former Pilgrims Newsletter May/Jul 2011 PDF Print E-mail
News Letters
Written by Dr. D.A. Myburgh   
Liewe Voormalige Pelgrims,
It is such a joy to send this letter to you trusting the Lord to make it a blessing.
SIMPATIE: Mnr Hannes de Beer is op die 25ste Mei na ’n hartaanval in die ouderdom van 89 jaar oorlede. Hulle het die afgelope tyd in Gordonsbaai gewoon en was albei nie baie gesond nie. Ons diepe meegevoel teenoor Gwen en die kinders. Verskeie van ons geledere het die Here op liggaamlike gebied nodig. Ons bid vir mekaar.
Diegene wat al op Emmanuel kampgronde naby Gobabis was, sal weet dat dit nie net ’n Konferensiesentrum is nie, maar ’n plek waar jy AEB geskiedenis in die gewyde atmosfeer inasem. Voortdurend getuig alles van ’n God wat deur mense groot en heerlike dinge gedoen het om dit tot stand te bring. Kosie en Stienie Venter was twee van daardie mense wat hulle gewig vanaf die begin by die projek ingegooi het. Stienie is in 2004 oorlede toe die eerste studentetoer in Namibië plaasgevind het. Haar as is op Emmanuel geplaas. By die Paaskonferensie vanjaar is Kosie langs Stienie op die gronde ter ruste gelê. Haar kinders het daardie oggend getuig wat Emmanuel vir hulle beteken het – daar het hulle die Here gevind. Wat ’n emosie het daardie oggend nie deur ’n mens gegaan nie. ’n Stukkie geskiedenis is daarmee afgesluit.
Doreen Allison, daughter of the MaCreaths, sent a little booklet to me containing the lecture notes on 1 Corinthians 13 by Miss Bazely which formed part of the Bible Correspondence course in 1951. The foreword was written by Captain Dobbie. Miss Bazely was a brilliant lecturer with a sharp mind and huge spirit of faith. Hierdie boekie is in die argief geplaas tesame met ’n afskrif van Radie Visser se diploma wat hy in 1950 ontvang het en deur mej Garratt en mnr Semark saam onderteken is. Diplomas waarop hulle saam geteken het, is blykbaar skaars en daarom is ons so dankbaar om ’n kopié te kon kry.  Kosbaar!
VOORMALIGE PELGRIMBYEENKOMS OP SAMEKOMS 2011. Ek wil graag hierdie byeenkoms weer onder u aandag bring met ’n versoek dat almal wat kan kom, dit sal bywoon. Dit word D.V. Saterdag 17 Desember 2011 om 14:00 gehou. Gewoonlik het ons heerlike verversings en verkeer gesellig saam terwyl ons getuienisse deel. Dit is waarlik ’n moet vir almal wat daar kan wees, want so word ons deur samesyn bemoedig om aan te gaan op die pad agter die Here aan.
ALGEMENE NUUS:
Ossie Kurten skryf die volgende vanaf Patensie waar hulle woon: “Dit gaan goed met ons hier. Ons is albei betrokke by die gemeente-aktiwiteite. Ek het elke Maandagaand ’n senior mannebybelstudie. Sarah het elke week ’n Bybelklas by die Kleurling laerskool en een keer ’n week vir die kinders. Ek kry ook gereeld geleenthede by die Konferensies asook by die plaaslike EG Kerk. Dit was vir my ’n wonderlike voorreg om onlangs die boodskap te bring by die begrafnis van ’n jarelange vriend van die AEB, Tannie Millie Gouws. Sy is na haar hemelse tuiste op die 9de Februarie en het so verlang om by die Here Jesus te wees. Sy en oom Ruben was getroue ondersteuners van die werk. Hulle huis op Cradock het altyd oopgestaan vir die Pelgrims.”
Ossie se kleinseun, Frans Greffrath (’n Voormalige Pelgrim), trou die 18de Junie met Ester Laue, dogter van Edgar en Ronel Laue van die AEB Boekwinkel in Windhoek.  Adriaan Jacobs van Piketberg is die 27ste April in Potchefstroom getroud. Ons bid hulle die Heer se rykste seën toe met hulle nuwe status. Baie geluk ook aan Michael en Ilze Ellis van Sasolburg met die geboorte van hulle dogter Samantha. Ek het dit so geniet om tydens die veldtog by hulle te eet en die volgende dag het Samantha aangekom.
Joey Swart sal ook ons gebede waardeer. “Ek bid so in my hart dat ek in die diens van die Here sal gaan. Ek wil altyd aan Hom gehoorsaam wees. Ek het veel geestelike werk in die Versorgingsoord. Ek doen besoekwerk en kry geleenthede om met mense te praat. Dinsdae gee ek vir hulle ’n boodskap. So kreupel soos baie is, mis hulle nie ’n diens nie. Baie kom op krukke en in rystoele, maar hulle kom. Mag die Heilige Gees hulle van hulle behoefte oortuig. Hier is ook ’n aantal dierbare kinders van die Here. Bid maar vir my want ek verduur dikwels baie pyn in die heup en rug.” Ons bid gereeld vir mekaar.
GLENVAR NUUS: Die Kollege het die afgelope tyd twee wonderlike uitreikings gehad. Eerstens was daar die Vaaldriehoek veldtog waar almal baie hard gewerk het om al die geleenthede waar te neem. Gedurende daardie tien dae is 17000 mense bereik en ons kon met baie vir verskillende behoeftes saambid. Mense het die ywer en voorbeeld van die studente en Pelgrims baie waardeer en ook op die jongmense het dit ’n groot indruk gemaak.
The twenty day outreach to Namibia followed and what an experience! The vast land enclosed us in its friendliness, hospitality and generosity. Ministers and friends alike welcomed us and opened their hearts and homes to us. One person remarked how much they appreciate the work of the Pilgrims as they come to such far out and isolated places to minister the Word of God to them. A highlight of the trip was the stay on farms near Leonardville to minister to farmers who do not know the AEB or the College. Emmanuel Convention was a highlight to me and especially so because several people, including students, met with the Lord.
One student will complete her studies at the end of this term and will be dedicated to the work of the Lord. She has applied to enter the ranks of the AEB. Please pray for new students to come into training next term. Two have already been accepted and three application forms were sent to others. The Annual Prayer Convention will be held at Glenvar from the 20th to the 26th of June. The diploma service is on the 25th at 15h00.
I want to repeat my request for information and testimonies and even literature on Captain Dobbie and Mrs Kellerman. They had a profound influence on the lives of the many students who were trained by them in Glenvar. Going through the literature I discovered very little documentation on their work and ministry. We want to take up the challenge and gather some material and research and compile it in a publication. We are looking for material from those who were students under them of whatever you can make available in order to help us. You can send it to us via e-mail or ordinary post. If you have any photographs that we can use, please let us have it! Thank you so much to those who have already done so. In the research for my doctoral thesis, I made mention of the contribution of the AEB, Captain Dobbie and Oom HT to the message of holiness in South Africa.
Dankie dat ek deur hierdie brief met julle kon gesels. Laat weet gerus nuus van julleself en dan deel ons dit met mekaar.  Stuur dit deur e-pos, gewone pos of sms.
Baie liefde en hartlike groete in die Here.
Danie.
Liewe Voormalige Pelgrims,
It is such a joy to send this letter to you trusting the Lord to make it a blessing. SIMPATIE: Mnr Hannes de Beer is op die 25ste Mei na ’n hartaanval in die ouderdom van 89 jaar oorlede.
Read more... [Former Pilgrims Newsletter May/Jul 2011]
 
<< Start < Prev 1 2 Next > End >>

Page 2 of 2