Log in
Wes-Kaap Nuusbrief Aug/Sept 2011 PDF Print E-mail
News Letters
Written by AEB Western Cape   

Liewe Gebedsvriende,

"...van wie..." was die woorde van die hofdienaar aan Fillipus toe hy so pas in Jesaja gelees het. "Wie is U..." was Saulus se vraag op pad na Damaskus."Wie is Hy..." vra die man wat blind gebore is."Is U..." wou Pilatus van Jesus weet."laat dit bekend wees aan julle almal... die Naam van Jesus Christus ...daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie." (Hand.4:10+12)

* In Sy Naam is daar VERGIFNIS: "vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang." (Hand.10:43)

* Daar is REDDING: "Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word." (Rom.10:13)

* En daar is BESKERMING: "Die Naam van die HERE is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut." (Spr.18:10)Loof God vir die krag wat daar in die Naam van Jesus Christus is!

 

Terugvoer

Die Sangveldtog wat Cobie in twee gemeentes en by ouetehuise hier in die Strand gehou het was waarlik ‘n baie geseënde uitreik. By van die geleenthede kon hulle ook getuig en die Woord van die Here bring. Die terugvoer was uiters positief en ons het net weer besef hoe geweldig treffend dié kosbare boodskappe van die ou liedere is omdat hulle absoluut Christusgesentreerd is en daarom die toets van die tyd kon deurstaan!

Die pelgrims is vol dankbaarheid teenoor die Here vir sy werking tydens die VBS (Vakansie Bybelskool) op Velddrif in samewerking met die EG Kerk daar. Ek haal aan uit ‘n brief van hulle rakende ‘n seuntjie wat by die vorige VBS die Here aangeneem het, maar wonder of hy nog op koers is: "...spontaan het hy met ‘n glimlag gesê dat hy dit geniet om Bybel te lees. Hy wonder net of daar dalk meer is wat hy kan doen. Om dit in sy eie kindertaal te stel: "Is daar dan nie huiswerk nie?" Gelukkig het tannie Ina Bybelstudies by haar gehad. ‘n Ander seuntjie het my gevra of ek dink dat die hemel groot genoeg is vir hom en sy hele familie. Saam het ons gebid terwyl hy op my skoot gesit en Jesus vertrou het om sy gesin te red." Ina Toua, wat die boodskappe gebring het, sê baie dankie vir elkeen se gebede wat tot soveel deurbrake in kinders se lewens gelei het!

Einde Julie het ons weer ‘n baie geseënde straatwerkuitreik in Stellenboschgehad waar ‘n student van Glenvar die Vrydagaand die voorreg gehad het om ‘n jongman na die Here Jesus te lei. Hy was so ryp en het absoluut in gebrokenheid na Jesus gekom! Saterdagaand het een van die pelgrims saam met ‘n ander jongman gebid wat ook baie opreg sy lewe aan die Here gegee het! Aan God al die eer!

AUGUSTUS 2011

• MAANDELIKSE DIENS in PAROW: Sondag 7 Augustus om 15:30 in die Metodistekerk in Bedfordstraat. Mnr Keith Daniel sal ook by dié geleentheid aan ons die Woord van die Here bring.

MAANDELIKSE DIENS in STRAND: Sondag, 28 Augustus om 15:30 in die Baptistekerk in Kerkstraat.  Mev. Drotskie sal die boodskap bring.

In die eerste week van Augustus sal die pelgrims Wellington besoek met die doel om voorbrandwerk te doen vir ‘n reeks dienste daar teen die einde van die maand. Hulle sal ook Worcester besoek.

Worcester Dagkonferensie: 13 Augustus 2011, Meneer Myburgh en die studente van Glenvar gaan weer in Worcester optree! Soos verlede jaar sal ons die Dagkonferensie in die konsistorie van die NG Moedergemeente hou. Die program is as volg:

9:00 - BIDUUR

10:30 - Teetyd 11:00 - DIENS 12:30 - Middagete 14:00 - DIENS

ONS WIL U REGTIG HARTLIK UITNOOI NA DIÉ GELEENTHEID!

SEPTEMBER 2011

BID ASSEBLIEF VIR DIE VOLGENDE OP ONS PROGRAM:

• MAANDELIKSE DIENS in PAROW: Sondag 4 September om 15:30 in die Metodistekerk in Bedfordstraat. Dit sal ‘n spesiale geleentheid wees waartydens die Wes-Kaapspan sal optree.

Sou die Here vertoef om te kom. sal Victor en Jan-Harm Koekenaap, Lutzville, Vredendal, Vanrhynsdorp en Klawer met die oog op die Clanwilliam Konferensie besoek.

Clanwilliam Naweekkonferensie: 16 - 18 September 2011. Ons sien daarna uit om mnr Frikkie Osborne as spreker by dié konferensie te verwelkom! Hy is op die personeel by Glenvar waar hy onder andere lesings gee. Deur die jare heen het studente nog altyd getuig tot watter groot seën sy lesings vir hulle was! Mag die Here soos in die verlede elkeen wat die naweek gaan meemaak ryklik seën en ons as ‘n groepie in sy liefde saamsnoer.

AMANA KONFERENSIE: 30 September - 2 Oktober 2011

Ons is baie dankbaar dat Dr’s Myburgh, Prinsipaalspaar van Glenvar Bybelkollege, beskikbaar is om as sprekers by Amana op te tree! Meneer se insiggewende en verstaanbare boodskappe oor heiligmaking en Mevrou se praktiese boodskappe oor die toepassing daarvan maak hulle ‘n uiters effektiewe sprekerspaar by ‘n konferensie. Bespreek asseblief so gou as moontlik by ons! DIE PROGRAM is as volg:

VRYDAG : 18:00 - Aandete; 19:00 - DIENS

SATERDAG : 7:00 - Biduur; 9:00 - BIDUUR; 11:00 - DIENS; 16:00 - DIENS; 19:00 - DIENS; 21:00 - Gebedstyd SONDAG: 7:00 - Biduur; 9:00 - DIENS 11:00 - DIENS

BANKBESONDERHEDE: ABSA, Afrika Evangeliese Bond, Tjekrekeningnr: 404 922 7893, takkode: 334-312

GOD SEËN U: vir die anonieme donasies wat in die AEB se rekening inbetaal is op 11/06 van Panorama , 27/06 "LAS, op 28/06 en op 30/06. Asook vir die donsies wat inbetaal is op die 25/07 onder "LAS" en op 28/07

ONTVANG ASB ONS OPREGTE DANK IN DIE HERE JESUS!

"En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe..." (Hebr.9:27) Presies een week na die roudiens van mnr Hannes de Beer is sy vrou, mev. Gwen de Beer, ook oorlede. Net soos hy was sy ook ‘n voormalige pelgrim in die geledere van die A.E.B.

Seënwense in JESUS CHRISTUS ons KONING!

Hercu, Cobie, Rhodé, Brigiette en Adéle Wentzel. Ina Toua, Victor Muller en Jan-Harm Labuscagne.