|
Liewe Gebedsvriende
Vanaf Pennnigton in Natal wil ons ieder en elk net groet in die wonderlike en algenoegsame Naam van onse God en Vader. Jesus sy Seun en die getroue Gees van God wat ons leer aangaande die volle waarheid van God se Woord. Ons bede is dat u sal groei en toeneem in Hom deur u kennis, liefde en wandel in sy Lig.
*****************
Ek het net ‘n gedagte wat ek met u elkeen wil deel.
Ezr 8:21 Toe het ek daar ‘n vastyd uitgeroep aan die rivier Ahawa, om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse God ten einde van Hom ‘n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed.
Ezr 8:22 Want ek was skaam om van die koning ‘n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.
Ezr 8:23 So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.
Esra die priester en man van God roep ‘n vasdag uit. Al is hy ‘n priester het hy nogsteeds God se beskerming nodig en ook Sy seën. Hy is en bly afhanklik van God.
Esra het vir die koning gesê die Here is met hulle en sal hul beskerm so hy kon nie die koning vra vir beskerming nie.
Esra was genoodsaak om die Here se aangesig te soek vir beskerming en seen op hulle pad en reis na Israel toe.
As ek na die gedeelte kyk is die belangrikste boodskap dat die kind van God hom gereëld moet verootmoedig vir die Here. Maak nie saak hoe lank ons al op die pad is nie. Ons moet ook soos Esra kan sê vir die mense(koning) “Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.” Rom 8:28 sê “Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. “
Dit bring my by die vraag is ek geroep na Sy voorneme ?
Is U geroep na Sy voorneme?
Ons Aktiwiteite van die afgelope vier maande
Ons het in die eerste Vier maande van die jaar besoek werk gedoen met die oog op die toer van Mnr Daniel en die Dundee konferensie. Ons kon na die aanvanklike onsekerheid oor Roy en Jerusala se aanwesigheid in Natal tog teen middel Maart saam begin werk. Roy het besoeke in die Noorde gedoen terwyl Jerusala haar voete begin vind in die werk en die nuwe land. Roy het begin om van tyd tot tyd met die jongmense in Vryheid te begin werk wat na bybelstudies toe kom by hulle woonstel. Die kort reeks dienste wat Roy gereel het vir Oom Jannie le Roux in ‘n kerk het baie goed afgeloop.Die toer was uiters geseënd en baie goed veral omdat ‘n hele paar geleenthede nuwe openinge was en die mense nie die werk ken nie. By een van die dienste het bykans die helfte van die gehoor reageer. Op ‘n ander plek het mense so geraak geword deur die boodskap dat hulle begin bybel lees het op ‘n heel nuwe manier om te kyk of hulle meer gereeld deur die Bybel kan lees in een jaar. Die een skoolhoof en deeltydse pastoor het 200 Bybels gekoop of vir karwagte te gee wat hy raakloop. Sy gesin , familie en 90% van sy gemeente lees nou die Bybel.
Ons Aktiwiteite vir die volgende Drie maande sal soos volg wees.
Ons wil in die maand besoeke doen by Pietermaritzburg en die middelande en ook in die Noordkus van Natal by onder meer Mandeni , Richardsbaai , Empangeni Hluhluwe en Kwanganase . Ons het ook ‘n konferensie einde Julie en sal ook kyk vir moontlike reekse dienste in die distrik vir einde Julie of in Augustus maand sowel as in September.
Bid ook vir Roy en Jerusala terwyl hulle in Amerika is vir dienste en ook vir Jerusala se Paspoort wat verander moet word van Hargitt na Daniel toe. Dit sal dan die proses verhaas sodat sy kan aansoek doen vir ‘n werkspermit in Suid Afrika.
Ons het nog geen terugvoering gekry van die munisipaliteit oor planne nie.
Dit is nou om die kamers in te rig met ʼn stort, toilet en wasbak. Asook ʼn kombuis hoekie. (A-Blok) Kamers A5-A9
Ons wil ook die B-blok inrig met ʼn badkamer, sodat van die ouer mense dit meer gerieflik sal vind op die kampterrein en die kampe makliker sal bywoon. (Sommige van hulle vind dit nog baie moeilik veral omdat albei badkamers trappe het van slaap vertrekke af).
As u gelei voel Om ons deur gebede of finansieel Te ondersteun in die poging sal ons u ewig dankbaar bly daarvoor.
U Kan enige finansies vir die bouprojek inbetaal in die rek. Nr. 405 326 5942 met verw. Bouprojek (ABSA Bank)
Ons wil u ook vra om saam met ons te bid vir nog twee voertuie vir die distrik sodat ons meer doeltreffend kan funksioneer. (Vir ons een en vir Roy hulle een) Baie dankie.
Amanzimtoti Maand dienste
12 Junie 2011 & 3 Julie 2011
Spreker: Mnr W. Gerber
Dienstyd 15:00
Plek: Amanzimtoti Baptiste Kerk, Bernadotte straat 100
Pennington Heiligheidskamp
22-24 Julie . 2011
Spreker: Mnr Keith Waterson
Gebedsversoeke: 2010
Wayne, Paula en Megan Bosman op Pennington.
Pennington Heiligheids Konferensie
22-24 Julie 2011, Spreker: Mnr Waterson
Dundee Herlewings en Familie Konferensie:
16-18 September 2011
Sprekers: Mnr Keith Waterson, Ds. Johan Botha
Pennington Vroue kamp
28-30 Oktober 2011, Spreker: Mev Erika Gericke
Hiermee ons Bankbesonderhede, Afrika Evangeliese Bond, ABSA Bank, Rek. nr. 405 326 5942
Groete en liefde in Jesus Christus
Wian, Lientjie, Wianê & Stefanie Gerber.
Roy & Jerusala Daniel

Roy & Jerusala Daniel |