Log in
Natal Nuusbrief Feb 2012 PDF Print E-mail
News Letters
Written by AEB Natal   

Liewe Gebedsvriende

Vanaf Pennnington in Natal wil ons ieder en elk net groet in die wonderlike en algenoegsame Naam van onse God en Vader. Jesus Sy seun en die getroue Gees van God wat ons leer aangaande die volle waarheid van God se Woord. Ons bede  vir U vir die jaar is dat u sal groei en toeneem in Hom deur u kennis , liefde  en wandel in Sy Lig.

Ek het net ‘n gedagte wat ek met u elkeen wil deel.

Num 14:6-9  En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur  en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n buitengewoon goeie land.

As die HERE ‘n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning.  Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!

Num 14:24  Maar my kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.

Jos 14:14  Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om die HERE, die God van Israel, te volg.

Aan die begin van die jaar is ons ook soos kaleb en die kinders van Israel voor ‘n keuse en ons moet versigtig kies soda tons dit nie later ook berou soos die kinders van Israel nie. Hulle het meeste verkeerd gekies en die pry swat hulle moes betaal het was hoog.

Die Here vra ons om in te gaan in Sy Rus. Dit beteken nie vakansie of geen werk nie. Nee absolute nee! Dit beteken wel Rus van probeer om God te verheerlik  in die vlees. Dit beteken ek meld  aan vir aktiewe diens. Dit beteken daar gaan stryd wees en gevegte met vyande. Israel se vyande was vlees en bloed ons vyande is die magte , wereld heersers en ons eie vlees en begeertes.

Ons Aktiwiteite van die afgelope vier maande

Ons het in die laaste twee maande van verlede jaar  besoeke gedoen in die middelande van Natal by Dalton, Pietermaritzburg , Howick en Ixopo, sowel as in die Noorde by plekke soos Matatiele, Kokstad en Harding. Ons kon ook besoeke gedoen het in die suidkus onder andere Port Edward , Ramsgate , Margate en Hibberdene. Ons het ook die raadsvergaderinge en pelgrimdienste sowel as die nasionale konferensie bygewoon. Ons het nou vandat ons die jaar begin het beplanning gedoen en ook  ‘n gebedsnaweek gehad saam met van ons vriende.

Ons Aktiwiteite vir die volgende Drie maande sal  soos volg wees.

Ons wil in die maand besoeke doen  by die Noordkus van Natal by onder andere  Mandeni , Richardsbaai , Empangeni, Hluhluwe en Kwanganase . Ons wil ook Durban besoek en die plekke rondom Durban om geleenthede te kry vir  preek geleenthede by kerke na die Raadsvergaderinge. Ek sal ook toer om geleenthede te soek waar ons reekse dienste kan hou in die toekoms. Ons het al a paar openinge gekry en sal dit in die jaar waarneem.

Bid ook vir Roy en Jerusala met die geboorte van hulle baba wat om en by middel April sal plaasvind.Roy en Jerusala het ook heelwat oop deure in die Noorde en sal ook dienste hou soos moontlik by kerke en skole en ouetehuise waar hul geleenthede kry.

Pennington dagkonferensie

10 Maart  2012

11:00 Mnr.J. Swanepoel; 14:00 Dr. D. Myburgh; Ete 12:30  koffie en Tee 15:30

Amanzimtoti Biduur

laaste Vrydag van elke maand, Afrika Evangeliese Bond

Plek: St Anton woonstel Dooneside; Telefoon nr. (031) 903 2636

Pennington Konferensie

Sal nog laat weet.

SprekerMnr Johan De Bruin

Tema: Die Tabernakle

Pennington Vrouekamp

27-29 Julie 2012; Spreker : Mev Daniel

Gebedsversoeke: 2012

Wayne , Paula en Megan Bosman op Pennington.

Roy en Jerusala Daniel.

-Hulle gesondheid

-Die baba se geboorte

-Hulle finansies

Wian en Lientjie Gerber

-Ons kinders

-Ons gesondheid

-Ons finansies

-Redding van siele

-Nuwe geleenthede

-Vir nuwe bekeerlinge

-Vir geestelike groei

Pennington kamp terrein

-Beskerming teen inbraak

-Meer groepe sal kom kamp en dat terrein reg deur die jaar gebruik sal word

- Vir die twee werkers wat hier werk by die terrein.

Ons het nog geen terugvoering gekry van die munisipaliteit oor planne nie. Dit is nou om die kamers in te rig met ʼn stort, toilet en wasbak. As ook ʼn kombuis hoekie. (A-Blok) Kamers A5-A9. As u gelei voel Om ons deur gebede of finansieel Te ondersteun in die poging sal ons u ewig dankbaar bly daarvoor. U Kan enige finansies vir die bouprojek inbetaal in die rek. Nr. 405 326 5942 met verw. Bouprojek. Ons wil u as ons vriende net meedeel dat die Here voorsien het in ‘n goeie betroubaar voertuig vir ons (Wian en Lientjie) vir die distrik. Ons wil u ook vra om saam met ons te bid vir nog een voertuig vir Roy en Jerusala distrik sodat hulle meer doeltreffend kan wees.Baie dankie

Hiermee ons Bankbesonderhede,

Afrika Evangeliese Bond,

ABSA Bank,

Rek. nr. 405 326 5942

Groete en liefde in Jesus Christus

Wian , Lientjie , Wianê , Stefanie , Jana & Gerber